Dare2share – A daring game for married couples! Learn to rediscover and understand each other anew.

Latest

Boosters & busters – Gretha Wiid

boosters & busters - Gretha Wiid

Toe jy in die kerk gestaan het met jou troudag het jy sekerlik geglo dat julle liefde onblusbaar is.
Nie waar nie?

Niemand van ons het getrou met die plan om te misluk of met die droom om op ‘n stadium ‘n ander huwelik te probeer nie. Maar, met die tyd het jou huwelik dalk by die plek gekom – ‘n huwelik sonder passie.

Miskien is jou huwelik nie ‘n ongelukkige een nie, maar jy sal die halleluja-reëndans doen as jy net weer die ou vonk kan ervaar en julle weer mekaar se beste pelle kan wees.

Met Boosters & Busters in jou hand is jy een tree nader aan ‘n super gelukkige huwelik met woema.

Jy kan vinnig, veilig en maklik jou bestelling plaas – [kliek hier]

Dit is ‘n stunning boek! Ek wil dit graag aanbeveel vir mense!

Groete,
Esré

Worthy Women Conference – Gretha Wiid

Worthy Women Conference

Worthy Women Conference – 17 September 2011

Time: 9:00 AM (doors open 8:00 AM)
Venue: NG Moreletapark, Woodlands Campus
Garsfontein Rd & De Villa Bois
Pretoria, Gauteng, GT South Africa

Click here to book online.

Dare 2 Share!

Teen hierdie tyd het die meeste persone wat reeds Dare2share: kommunikasiespel vir getroude pare aangeskaf het agtergekom, dat om tyd te maak vir jou maat nie vanself kom nie!  Dit kom slegs met inspanning, deur grense daar te stel en met toewyding! Ek glo dis hoekom die meeste van ons se verhoudinge so troebel is, juis omdat ons nie tyd maak vir mekaar nie.  As jou huwelik vir jou belangrik genoeg is, glo ek sal jy bereid wees om dit te doen, en daarom glo ek ook dit is die rede hoekom mense Dare2share aanskaf.

Ek wil jul net weer opnuut kom herinner dat Dare2share nie ‘n “quickfix” is nie, dit moet ‘n lewenswyse word, waar ons kies om op ‘n gereëlde basis vir mekaar tyd te maak!  My en Kurt se hart is dat mense dit sal snap, en hul verhouding as prioriteit sal sien.  Mag daardie swart boksie vir jou soos ‘n “gewete” word wat jou herinner dat jou maat smag na tyd saam met jou!

Mag jul gedurende 2011 wonderlike tydjies saam beleef terwyl jul “Dare 2 Share”!

Seën vir julle!

Kurt & Esré Ackermann

www.dare2share.co.za

 

Familie foto’s

Terugvoering

Hier volg terugvoering wat ek onlangs ontvang het.

1. Kommunikasiespel

Alhoewel ek en Sors al 46 jaar getroud is, en self seminare aanbied met lesings oor kommunikasie en verhoudings, geniet ons die kommunikasiespel geweldig. Wanneer ons gaan uiteet, plaas ek altyd ’n paar van die kaartjies in my handsak. In die restaurant haal ek dit uit en ons gesels en lag soos jong verliefdes. Die kyke wat ons van die ander mense kry, spreek boekdele. Ek is seker hulle dink Sors is saam met ’n “ander vrou” daar.

Ons het met die kaartjies al oor sake gesels waaroor ons in al die jare wat ons getroud is, nog nooit gedink het om oor te gesels nie, en het so nuwe dinge van mekaar ontdek na al die jare wat ons saam is.

Lida Geldenhuys www.lewensverryking.co.za

2. Dare2share

Dis min dat mens iets kry wat verhoudingsprobleme direk kan aansny en hanteer. Ek ken Kurt en Esre vir ‘n geruime tyd al en het die voorreg gehad om te sien hoe Dare2Share gebore raak. Ek is diep beindruk en geseën deur die oop, frillelose, en opregte manier wat Esre dit regkry om met goed gemikte vrae tot op die been van verhoudingsake te dring. Dare2share is iets wat ek sonder voorbehoud aanbeveel en met groot vreugde in my eie lewe en bediening gebruik. Pak dit gerus aan – daar is niks om voor bang te wees nie! Mag Jesus jou en jou maat seën met innige en volwasse verhoudinge terwyl julle Dare 2 Share.

Riekert Botha, Vredendal

3. Dare2share

Hallo Esré

Die huweliksgroei was soos die vorige 10 jaar weer regtig baie geseënd.

Goeie gesprek, lekker deelname en ‘n absolute fantastiese venue met gasvrye & behulpsame personeel by Lion Roars se Hlosi & Bukela Lodges. Ek kan hierdie venues openhartig aanbeveel!!

Die Kaartjies van Dare2share is uitgedeel aan die pare en die terugvoer was as volg:

  • Dankie vir die goeie kwaliteit van die boksies.
  • Pare is steeds besig met die kaartjies se materiaal en geniet dit.
  • Dit is ’n goeie kommunikasie hulpmiddel
  • Die Kreatiewe idees is sinvol
  • Dit is ’n handige geskenk vir vriende en familie

Ons kan met groot vrymoedigheid Dare2share aanbeveel vir langer getroude egpare maar ook vir jong paartjies wat op trou staan. Wat ons persoonlik beleef het, is dat Dare2share ons net weer gewys het oor hoeveel sake ons oor “closure” het en oor saamstem.

Dankie Esré dis inderdaad waardevol.

Groete,
David Higgs, Jeffreysbaai
Gesins- en Familiebediening (GFB)
Kontaknommer: 0824929032
Webtuiste: http://ngkjeffreys.co.za

Worthy Women Conference 2010 – Kaapstad

 

Worthy Women Conference 2010

Worthy Women Conference 2010

 

Kry kaartjies hier: http://itickets.co.za/events/245763/Parow,_Cape_Town_/Worthy_Women_-_Cape_Town.html

Worthy Women Conference

Ons was uitgenooi deur Gretha Wiid om op 9 Augustus 2010 tydens die Worthy Women Conference by Morelettapark in Pretoria te kom uitstal. Dit was vir ons ‘n groot geleentheid om Dare2share daar bekend te kon stel. Hier is ‘n foto van ons stalletjie. Ons het wonderlike blootstelling gekry en ook geweldig baie navraag gehad na die tyd! Ons is ewig dankbaar vir die geleentheid wat hul vir ons gebied het en kon die Here se seën absoluut daar ervaar!

Worthy Women Conference by Morelettapark in Pretoria

Worthy Women Conference by Morelettapark in Pretoria

Ons is weer uitgenooi om tydens Gertha se Kaapse Worthy Women Conference op 16 Oktober 2010 in die Kaap te kom uitstal! Ons is besig om ons vere reg te skud vir die geleentheid! Hoop ons sien julle daar! Dis die eerste keer wat hul die Worthy Women Conference in Kaapstad sal aanbied en bid dat vroue sal optrek om dit by te woon en hul te ondersteun!

Esré en gesin

Esré en gesin

‘n Bietjie terugvoering…

Hi Esré,

Ek wil net graag dankie se vir ons Dare2share pakkie. Ons het hom al begin verlede week ontvang en is alreeds ure aan die gesels met net
een kaartjie.

Ons sien waarlik uit na die onderwerpe wat nog kom op die kaartjies wat nog voorle en kannie wag vir ons gereelde tydjie saam waar dit net
ons en ons geselsies is nie.

Dit is regtig ‘n baie oulike idee en ek wens jou alle voorspoed toe in die toekoms.

Dis leka om te sien daar is mense wat so passievol is oor liefde en oop kommunikasie in ‘n huwelik.

Vreeslik dankie.

Vriendelike groete,
Alicia

Meer oor Esré!

Ek woon op Vredendal, ‘n plattelandse dorpie teen die Kaapse Weskus. Ek kan net getuig dat die Here verseker alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet!

Ek was die eerste keer getroud toe ek 21 jaar oud was, en min het ek geweet dat ek op die ouderdom van 26 reeds voor die oopgraf van ‘n eggenoot sou staan na ‘n huwelik van bykans 6 jaar. Wat so wonderlik is, is hoe God ons soms voorberei vir hierdie hartseer in ons lewens want twee jaar voordat my eggenoot oorlede is, het ek my hart vir die Here gegee in 1994. Na hierdie ervaring van my het ek ‘n hart vir stukkende en flenter huwelike begin ontwikkel.

Die Here was vir my goed, en Hy het my ‘n tweede kans gegee! Hy het ‘n stunning aantreklike man oor my pad gestuur wat Hom ook dien en liefhet! Ek was so dankbaar want as 26jare weduwee het ek baie vir die Here gevra: “Here, sal iemand dan ooit weer vir my kans sien omdat ek dan nou “tweedehands” was! Getrou was die Here, en stuur Hy vir my vêr bo wat ek ooit kon bid of wens. Ek is op 7 Maart 1998 getroud met Kurt, my beste maat, kameraad, minnaar en sielsgenoot.

Ons het meer as 9 jaar gesukkel om swanger te raak. Soms was ek moedeloos maar ek het een aand tydens my stiltetyd die gedeelte in Genenisis gelees waar Ragel vir Jakob vra: “Gee vir my kinders anders sterf ek”. Hy het hom egter bloediglik vervies en haar geantwoord: “Is dit ek wat vir jou die kinders gee of is dit God”! Daardie aand ervaar ek toe net dat die Here vir my sê, ek moet kalmeer en Hom vertrou hiervoor, ek moet nie vir Kurt druk om swanger te raak, want dit is Hy wat die kinders gee!. Ons het die Here egter vir bykans 10jaar hiervoor vertrou. Gedurende Oktober 2006 het Peter Pollock as gas in ons gastehuis tuisgegaan en die oggend voordat hy terug vertrek huis toe vra hy of hy vir my kan bid. Dit sou vir my baie spesiaal wees, omdat ek sy reeks dienste bygewoon het tydens die week wat hy ons dorp kom besoek het, dus het ek dit verwelkom. Nadat hy vir my klaar gebid het, het hy genoem dat die Here vir hom sê: “the desire of my heart will be fulfilled during this year”. Ek het onmiddellik in my hart geweet dat hy praat van kinders. Ek het my aanvanklik bloediglik vervies omdat dit iets was waaroor ek op daardie stadium nie maklik met mense oor wou praat nie. Verstom het ek ‘n paar weke later uitgevind dat ek daardie oggend wat hy die boodskap vir my gegee het toe reeds swanger was. Ons pragtige seuntjie Rolf is toe op 7 Julie 2007 gebore.

Vandat ek my hart vir Jesus gegee het, het ek deur die jare met alles wat met my gebeur het die Here onwrikbaar leer glo en vertrou soos ‘n kind. Ek het altyd vir hom gesê dat ek baie graag iets met my lewe sal wil doen wat my vervul, maar ek soek en begeer Sy plan vir my lewe. Daar was dae wat ek uit moedeloosheid net gesê het “Here, ek sien dan niks nie, maar ek glo U is reeds besig daarmee, en dat U ook ‘n plan vir my lewe het”.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.