Dare2share – A daring game for married couples! Learn to rediscover and understand each other anew.

Meer oor Esré!

Ek woon op Vredendal, ‘n plattelandse dorpie teen die Kaapse Weskus. Ek kan net getuig dat die Here verseker alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet!

Ek was die eerste keer getroud toe ek 21 jaar oud was, en min het ek geweet dat ek op die ouderdom van 26 reeds voor die oopgraf van ‘n eggenoot sou staan na ‘n huwelik van bykans 6 jaar. Wat so wonderlik is, is hoe God ons soms voorberei vir hierdie hartseer in ons lewens want twee jaar voordat my eggenoot oorlede is, het ek my hart vir die Here gegee in 1994. Na hierdie ervaring van my het ek ‘n hart vir stukkende en flenter huwelike begin ontwikkel.

Die Here was vir my goed, en Hy het my ‘n tweede kans gegee! Hy het ‘n stunning aantreklike man oor my pad gestuur wat Hom ook dien en liefhet! Ek was so dankbaar want as 26jare weduwee het ek baie vir die Here gevra: “Here, sal iemand dan ooit weer vir my kans sien omdat ek dan nou “tweedehands” was! Getrou was die Here, en stuur Hy vir my vêr bo wat ek ooit kon bid of wens. Ek is op 7 Maart 1998 getroud met Kurt, my beste maat, kameraad, minnaar en sielsgenoot.

Ons het meer as 9 jaar gesukkel om swanger te raak. Soms was ek moedeloos maar ek het een aand tydens my stiltetyd die gedeelte in Genenisis gelees waar Ragel vir Jakob vra: “Gee vir my kinders anders sterf ek”. Hy het hom egter bloediglik vervies en haar geantwoord: “Is dit ek wat vir jou die kinders gee of is dit God”! Daardie aand ervaar ek toe net dat die Here vir my sê, ek moet kalmeer en Hom vertrou hiervoor, ek moet nie vir Kurt druk om swanger te raak, want dit is Hy wat die kinders gee!. Ons het die Here egter vir bykans 10jaar hiervoor vertrou. Gedurende Oktober 2006 het Peter Pollock as gas in ons gastehuis tuisgegaan en die oggend voordat hy terug vertrek huis toe vra hy of hy vir my kan bid. Dit sou vir my baie spesiaal wees, omdat ek sy reeks dienste bygewoon het tydens die week wat hy ons dorp kom besoek het, dus het ek dit verwelkom. Nadat hy vir my klaar gebid het, het hy genoem dat die Here vir hom sê: “the desire of my heart will be fulfilled during this year”. Ek het onmiddellik in my hart geweet dat hy praat van kinders. Ek het my aanvanklik bloediglik vervies omdat dit iets was waaroor ek op daardie stadium nie maklik met mense oor wou praat nie. Verstom het ek ‘n paar weke later uitgevind dat ek daardie oggend wat hy die boodskap vir my gegee het toe reeds swanger was. Ons pragtige seuntjie Rolf is toe op 7 Julie 2007 gebore.

Vandat ek my hart vir Jesus gegee het, het ek deur die jare met alles wat met my gebeur het die Here onwrikbaar leer glo en vertrou soos ‘n kind. Ek het altyd vir hom gesê dat ek baie graag iets met my lewe sal wil doen wat my vervul, maar ek soek en begeer Sy plan vir my lewe. Daar was dae wat ek uit moedeloosheid net gesê het “Here, ek sien dan niks nie, maar ek glo U is reeds besig daarmee, en dat U ook ‘n plan vir my lewe het”.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.