Terugvoering
Hier volg terugvoering wat ek onlangs ontvang het.
1. Kommunikasiespel
Alhoewel ek en Sors al 46 jaar getroud is, en self seminare aanbied met lesings oor kommunikasie en verhoudings, geniet ons die kommunikasiespel geweldig. Wanneer ons gaan uiteet, plaas ek altyd ’n paar van die kaartjies in my handsak. In die restaurant haal ek dit uit en ons gesels en lag soos jong verliefdes. Die kyke wat ons van die ander mense kry, spreek boekdele. Ek is seker hulle dink Sors is saam met ’n “ander vrou” daar.
Ons het met die kaartjies al oor sake gesels waaroor ons in al die jare wat ons getroud is, nog nooit gedink het om oor te gesels nie, en het so nuwe dinge van mekaar ontdek na al die jare wat ons saam is.
Lida Geldenhuys www.lewensverryking.co.za
2. Dare2share
Dis min dat mens iets kry wat verhoudingsprobleme direk kan aansny en hanteer. Ek ken Kurt en Esre vir ‘n geruime tyd al en het die voorreg gehad om te sien hoe Dare2Share gebore raak. Ek is diep beindruk en geseën deur die oop, frillelose, en opregte manier wat Esre dit regkry om met goed gemikte vrae tot op die been van verhoudingsake te dring. Dare2share is iets wat ek sonder voorbehoud aanbeveel en met groot vreugde in my eie lewe en bediening gebruik. Pak dit gerus aan – daar is niks om voor bang te wees nie! Mag Jesus jou en jou maat seën met innige en volwasse verhoudinge terwyl julle Dare 2 Share.
Riekert Botha, Vredendal
3. Dare2share
Hallo Esré
Die huweliksgroei was soos die vorige 10 jaar weer regtig baie geseënd.
Goeie gesprek, lekker deelname en ‘n absolute fantastiese venue met gasvrye & behulpsame personeel by Lion Roars se Hlosi & Bukela Lodges. Ek kan hierdie venues openhartig aanbeveel!!
Die Kaartjies van Dare2share is uitgedeel aan die pare en die terugvoer was as volg:
- Dankie vir die goeie kwaliteit van die boksies.
- Pare is steeds besig met die kaartjies se materiaal en geniet dit.
- Dit is ’n goeie kommunikasie hulpmiddel
- Die Kreatiewe idees is sinvol
- Dit is ’n handige geskenk vir vriende en familie
Ons kan met groot vrymoedigheid Dare2share aanbeveel vir langer getroude egpare maar ook vir jong paartjies wat op trou staan. Wat ons persoonlik beleef het, is dat Dare2share ons net weer gewys het oor hoeveel sake ons oor “closure” het en oor saamstem.
Dankie Esré dis inderdaad waardevol.
Groete,
David Higgs, Jeffreysbaai
Gesins- en Familiebediening (GFB)
Kontaknommer: 0824929032
Webtuiste: http://ngkjeffreys.co.za