Dare 2 Share!
Teen hierdie tyd het die meeste persone wat reeds Dare2share: kommunikasiespel vir getroude pare aangeskaf het agtergekom, dat om tyd te maak vir jou maat nie vanself kom nie! Dit kom slegs met inspanning, deur grense daar te stel en met toewyding! Ek glo dis hoekom die meeste van ons se verhoudinge so troebel is, juis omdat ons nie tyd maak vir mekaar nie. As jou huwelik vir jou belangrik genoeg is, glo ek sal jy bereid wees om dit te doen, en daarom glo ek ook dit is die rede hoekom mense Dare2share aanskaf.
Ek wil jul net weer opnuut kom herinner dat Dare2share nie ‘n “quickfix” is nie, dit moet ‘n lewenswyse word, waar ons kies om op ‘n gereëlde basis vir mekaar tyd te maak! My en Kurt se hart is dat mense dit sal snap, en hul verhouding as prioriteit sal sien. Mag daardie swart boksie vir jou soos ‘n “gewete” word wat jou herinner dat jou maat smag na tyd saam met jou!
Mag jul gedurende 2011 wonderlike tydjies saam beleef terwyl jul “Dare 2 Share”!
Seën vir julle!
Kurt & Esré Ackermann